Baie welkom by die Eljada Huis se eie webblad
Die doel van die Eljada Huis is om vanuit ons Gereformeerde geloofsoortuiging 'n verskil te maak in die lewens van mense wat minder bevoorreg is. Die Eljada Huis is 'n inisiatief van die Gereformeerde Kerke in Pretoria. Besoek gerus hul webblaaie.
Ons embleem berus op baie spesifieke simboliek. Die blou is hemelse blou. Die groen verteenwoordig groei. Die hand onder is simbolies die hand van die Here waarin ons almal is. Die mense verteenwoordig die gemeenskap aan die een kant wat hulp nodig het en die Eljada Huis (hand) as ondersteuning aan die ander kant maar ons sien onsself op ‘n gelyke vlak voor die Here.
Die Eljada Huis is geregistreer as 'n maatskappy sonder winsoogmerk (MSW) of soos in Engels algemeen gepraat word 'n "non-profit organisation" (NPO).
Ons benodig maandeliks vir ons huisgesinne voedselskenkings en noodsaaklike lewensmiddele. Donasies is altyd nodig om in ons daaglikse behoeftes te voorsien.
Om gereeld ons nuusbrief te ontvang wat ons behoeftes in meer detail aanspreek
of indien u meer inligting benodig,
kontak ons gerus.
Artikel 18(A) sertifikate vir donasies is beskikbaar op aanvraag
Hier is van die projekte waarmee ons aktief besig is
...dié hoogtepunt elke dag waar ons saam groei, saam lag en huil in ons lief- en leed-oomblikke. Te midde van swaarkry kan ons nog steeds die Here loof met dankbaarheid en weet ons daar is geen einde aan Sy liefde en sorg nie. Ook Sondae word informele dienste aangebied aan enige iemand daar buite wat ‘n behoefte het.
Opheffing, menswaardigheid en vaardighede is die hoofdoel van ons daaglikse koekies en beskuit bakprojek. Bestelvorms beskikbaar op aanvraag.
Werkskeppingsprojek van Eleos vir dames in ons
omgewing wat ons
naaldwerklokaal gebruik om verskeie artikels te maak o.a. komberse en piekniekkomberse.
Vir bestellings, kontak vir Natasha by 063 607 8307
Basiese kospakkie bestaande uit mieliemeel, rys, pasta, lensies, sopbone, sardiens, soja, soppoeier, suiker, toebroodjiesmere, badseep, toiletpapier, sjampoo, skeermesse ens word aan huisgesinne voorsien asook weeklikse vars groente.
...dié hoogtepunt elke dag waar ons saam groei, saam lag en huil in ons lief- en leed-oomblikke. Te midde van swaarkry kan ons nog steeds die Here loof met dankbaarheid en weet ons daar is geen einde aan Sy liefde en sorg nie. Ook Sondae word informele dienste aangebied aan enige iemand daar buite wat 'n behoefte het.
Opheffing, menswaardigheid en vaardighede is die hoofdoel van ons daaglikse koekies en beskuit bakprojek. Bestelvorms beskikbaar op aanvraag.
Werkskeppingsprojek van Eleos vir dames
in ons omgewing wat ons
naaldwerklokaal gebruik om verskeie artikels te maak o.a. komberse en piekniekkomberse.
Vir bestellings, kontak vir Natasha by 063 607 8307
Basiese kospakkie bestaande uit mieliemeel, rys, pasta, lensies, sopbone, sardiens, soja, soppoeier, suiker, toebroodjiesmere, badseep, toiletpapier, sjampoo, skeermesse ens word aan huisgesinne voorsien asook weeklikse vars groente.
Eljada Huis
Standard Bank - Montana
Spaarrekening - Marketlink spaar
Rekening nommer: 044396058
Takkode: 051001